Basjan se flessie vir depressie
$59.19
$88.79
BESKIKBAAR IN MAART 2026 GENRE: FIKSIE SAGTEBAND FORMAAT: 213 X 137 mm PRYS: R325.00 256 BLADSYE ISBN 9781997476146Skryfwerk is Joe Kleinhans se passievolle stokperdjie. Hy publiseer sedert die vroeë tagtigs kortverhale in Sarie, asook TV-reekse. Ná sy televisieskryfwerk spits Joe hom meer toe op radiovervolgverhale. Hy was verskeie kere ‘n finalis asook pryswenner by die RSG se Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV. In 2007 wen Joe daardie kompetisie met’n Oordeelsfout. Flessie vir Depressie was eers ‘n radiovervolgverhaal wat in Kaapstad deur Joanie Combrink opgevoer is. Bettie Kemp vervaardig sedert 2012 radiovervolgverhale vir Maroela Media met befondsing van die Dagbreek Trust. Maroela Media stel dit dan kosteloos tot die beskikking van gemeenskapsradiostasies wat die vervolgverhale landwyd uitsaai. Joe is’n gereelde skrywer vir hierdie projek. Joe sluit 2025 af by RSG met sy feestyd radiovervolgverhaal Kersversierings van hoop wat vanaf 24 November 2025 tot 2 Januarie 2026 uitgesaai word. Sy nuutste radiovervolgverhaal, Die Bankroof, debuteer vroeg in 2026 vir Maroela Media. Joe Kleinhans matrikuleer in 1967. Hy trou in 1973 met Joanne en woon tans in Pretoria. Hulle het twee dogters en vier kleinkinders.Basjan Louw slaap sleg na hy hoor hy moet drie jaar vroeër op 60-jarige ouderdom aftree. Een nag vererg sy vrou, Blom haar vir sy rondrollery op die bed en slaan hom met haar kussing van die bed af. Verlep en verlore sit hy op sy stoep in die vroeë oggendure, betyds om te sien hoe sy buurvrou, Linda Potgieter, skelm by die nuwe bankvloeksel in sy spogmotor klim en rivier se kant toe ry. Basjan kry die verneukery nie uit sy sisteem nie. Thys Potgieter, sy wonderlike buurman vir twintig jaar, sweis op die buurdorp. Hy wik en weeg, besluit uiteindelik hy moet maak soos Dominee altoos preek, vir Thys eerder die verneukery wys, want wys is altyd beter. Daarom bestel hy Thys vroegoggend sodat sy buurman alles wat gebeur eerstehands kan gadeslaan. En daar voor hulle oë gebeur die verneukery weer. Maar Thys se reaksie hierna spook vir maande lank by Basjan. Dis “n oggend wat Basjan spoedig wens nooit gebeur het nie. Maar hoe hard hy ook al probeer om dié oggend ongedaan te maak, dis net nie moontlik nie. Dit bly knaag aan sy en Thys se siele, duik op om elke hoek en draai. En Basjan durf nie vir Dominee vertel op watse liederlike gemors sy gewysery uitgeloop het nie. Basjan vat af en toe ‘n sluk uit sy flessie vir sy kom-en-gaan depressie. Die flessie word sorgvuldig uit Blom se oog weggesteek. Dis in elk geval net ‘n noodflessie.
Nuwe Vrystellings