Die bloei van blomme
$65.66
$84.04
BESKIKBAAR IN AUGUSTUS 2025 DIGBUNDEL SAGTEBAND FORMAAT: 213 X 137MM PRYS: R275.00 120 BLADSYE ISBN 9781067234881Pirow Bekker (gebore 9 Desember 1935, Smithfield) is ‘n Afrikaanse digter en skrywer van romans en kortverhale. Hy is ‘n voormalige hoof van die dokumentasiesentrum van die Instituut vir Taal, Lettere en Vertolkende Kunste van die RGN. Later boer en skryf hy. Die digbunde Stillerlewe (2002) word as ’n hoogtepunt van sy werk beskou. Van sy gedigte word opgeneem in verskeie versamelbundels, onder andere Groot verseboek, Die Afrikaanse poësie in ‘n duisend en enkele gedigte, Digters en digkuns, ’n Rooie met ratte, Pa, Goudaar, Miskien sal ek die wingerd prys, Voorspraak en Nuwe klein verseboek, terwyl sy verse ook in tydskrifte soos Standpunte verskyn. Verder is hy die samesteller van die versamelbundel Digters op die toring, wat gedigte van die digters uit die twintigerjare saambundel.
Digbundel