Die helfte is jou nie vertel nie
$53
$96.99
BESKIKBAAR IN AUGUSTUS 2025 DIGBUNDEL SAGTEBAND FORMAAT: 222X148MM PRYS: R300.00 260 BLADSYE ISBN 9781067234669Thérèse Bartman debuteer as digter in Nuwe Stemme 3 (2005). Van haar gedigte is in versamelbundels opgeneem, insluitend Groot Verseboek. Onder haar ander naam, Thérèse Hulme, skryf sy verskeie kinderboeke, asook Praat jy! Idees vir die skep van ‘n skryfkultuur in die klas (2022) en My Word, Ideas for creating a writing culture in the classroom (2022). Hierdie publikasies is gebaseer op haar werk oor agttien jaar om jong mense in gemarginaliseerde gemeenskappe aan die skryf te kry. Sy self-publiseer jong skrywers van Scottsville se werk in piemp (2009).Thérèse is ook ‘n Narratiewe terapeut in privaatpraktyk, en ‘n mentor vir onderwysers en mense wat met kinders werk. Oor dekades verwerf sy die grade BA Drama, BA Honneurs Afrikaans/Nederlands, MA en DTh in Praktiese Teologie met Spesialisasie in Pastorale terapie. Sy woon in Houtbaai.
Digbundel