2: The Medicine Man
$49.74
$94.01
Christiaan Diedericks, Medicine man II (imp. 2015) Giclee afdruk met argivale pigmentink op 265 g/m2 Hahnemühle etspapier, 70 x 50 cm, 2024Nog voor die amptelike verskyning van Melanie Grobler en Christiaan Diedericks se unieke kunsboek Vlindervreter het die kunstenaar al begin dink aan ‘n manier om Naledi verder te ondersteun, veral omdat Naledi so ontsettend baie vir skrywers en digters in Suid Afrika doen en beteken. Nadat Christiaan Vlindervreter vir die heel eerste keer in sy hande vasgehou en besef het dat Naledi werklik geen koste ontsien het om hierdie pragboek die lig te laat sien nie, bedink hy toe die plan om die 21 kunswerke in die boek elk in ‘n beperkte oplaag te laat druk en te verkoop. ‘n Groot persentasie van die geld word aan Naledi geskenk, nie net as ‘n blyk van waardering nie, maar ook om by te dra tot die wonderlike werk wat Naledi doen.Papiergrootte van elke druk: 70 x 50 cm. Beperkte oplaag: 25 drukke van elk van die 21 kunswerke in Vlindervreter.Elke kunswerk is deur die kunstenaar onderteken en sy studio embossering en kenmerkende rooi stempel word onder elke kunswerk aangebring.Die datum van hierdie versameling werke, asook as die oorspronklike skeppingsdatum van elke werk, verskyn ook onder die kunstenaar se handtekening op elke werk. Verkoopsprys: R3000-00 (Koerierkoste ingesluit).Medicine Man 111(B-W) R3,000.00Die volledige versameling van die 21 Medicine men afdrukke wat in Vlindervreter verskyn, is dus nou te koop as individuele Giclee of argivale pigment drukke direk van die kunstenaar of op Naledi se webtuiste. Elke individuele werk word met argivale pigmentink op ‘n duursame vel 265 g/m2 Hahnemühle Bamboo papier gedruk deur ORMS print room, Kaapstad. Die kunstenaar en Naledi het toe saam besluit om die beperkte oplae van elk van die 21 individuelele werke teen uiters bekostigbare pryse te koop aan te bied.
Afrikaans