Terwyl daar nog ‘n vandag is
$65.38
$117.68
BESKIKBAAR IN DESEMBER 2025 GENRE: Nie- Fiksie SAGTEBAND FORMAAT: 213 X 275 mm PRYS: R260.00 ISBN 9781067235055Annemarie le Roux is in Pretoria gebore en getoë. Sy verwerf haar MA-graad aan UP cum laude. Haar man, Johan, is ʼn siviele ingenieur en as gevolg van sy beroep is die gesin genoodsaak om vir sewe jaar by verskeie konstruksieterreine te woon. Gedurende hierdie jare word vier kinders gebore. Later verwerf sy HOD-, BEd- en MEd-grade met lof aan die UOVS en word as topstudent aangewys. Tydens haar studiejare doseer sy filosofie en registreer ʼn doktorale proefskrif. Smiddae vervoer sy vier besige kinders van bakboord na stuurboord. Haar lewe word tot stilstand geruk toe sy haar eerste major depressie-episode ervaar. Sy beleef die hel waardeur depressielyers gaan en dit stel haar in staat om Jy is goed genoeg te skryf, en so ander by te staan. Ander boeke, uitgegee deur CUM en Lux Verbi, sien ook die lig. Toe tree demensie in en sluit aan by haar stryd teen depressie.
Genre